GEBAKTE SAGOPOEDING MET MERINGUEBOLAAG
Ek het my skoonseun se tuisgekookte appelkooskonfyt gebruik en dis baie lekkerder as winkelkonfyt.
- ± ¾ koppie sago
- 3 koppies melk
- ½ koppie suiker
- 2 ml amandel geursel / karamel geursel
- 2 eetlepels botter
- 2 eiers, geskei
- 4 eetlepels appelkooskonfyt (of aarbeikonfyt)
- 4 eetlepels suiker (vir meringue)
Spoel sago af onder lopende water en verhit stadig in die melk.
Kook oor lae hitte tot die sago deurskynend is, roer gereeld.
Voeg 125 ml suiker, sout, geursel en botter by die melkmengsel en roer dié mengsel dan in by die geklitste eiergele.
Skep in gesmeerde bak en stip met konfyt.
Klits die eierwitte styf, klits die 4 eetlepels suiker een–een by en skep meringue bo-op eiermengsel sodat die meringue puntjies vorm.
Bak ongeveer 20 tot 25 minute in ‘n voorafverhitte oond teen 180 ºC totdat die poeding gaar en die meringue goudbruin is.
Dien warm of koud op met roomys of vla.
Resep en foto’s: Elma Brittz-Venter