GEBAKTE RAPE
- 5 – 6 rape
- 3 – 6 eiers, geklits
- melk
- sout en peper na smaak
- pietersielie
- kerrie
- Aromat
- neutmuskaat
- gerasperde kaas
Skil die rape, sny in ringe en kook in soutwater vir 8 minute. Dreineer.
Gebruik ‘n diep genoeg glasbak en pak ‘n laag rape onder in bak.
Klits die eiers, voeg melk asook geurmiddels by na smaak.
Die geurmiddels is opsioneel en jy kan self kies wat en hoeveel om by te voeg.
Klits weer goed om te meng. Giet die eiermengsel oor die rape in die bak.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak tot gaar by 180°C tot die eiermengsel gaar is en die kaas gesmelt.
Geniet dit!
Resep en foto: Babs van der Westhuizen