GEBAKTE NIKNAKS GROENBONEGEREG
- 500 g groenboontjiestukke
- 250 g fyn spek (bacon)
- 1 groot ui, grof gekap
- 1 pakkie sampioene, gekap
- ½ groot pak Niknaks, fyn gedruk
- 1 pakkie aanmaak kaassous
- 250 ml room
- ± 125 ml gerasperde kaas
Meng alles saam behalwe die kaassous en room.
Giet kaassous (gemaak van room en kaassous poeier) bo-oor.
Sprinkel kaas oor en bedek met foelie.
Bak vir 1 – 1½ uur by 180°C.
Nota:
Nuncia Botes – Dis baie lekker saam BBQ Simba chippies ook.
Resep: Louisa van Aswegen de Wet
Foto: Jan Salti Viljoen