Your Recipe Blog

GEBAKTE MISSISSIPPI MODDERKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

GEBAKTE MISSISSIPPI MODDERKOEK

  • 250 g botter
  • 15 ml baie sterk swart aangemaakte koffie*
  • 180 ml bruinsuiker
  • 250 g fyn gekapte donker sjokolade
  • 250 ml warm water
  • 125 ml room
  • 375 ml bruismeel
  • 75 ml kakao
  • 2 ekstra groot eiers, geklits
  • 5 ml vanilla geursel

Verhit oond tot 180 ºC. Smeer 22 cm koekpan en voer uit met bakpapier.
Smelt botter oor lae hitte in kastrol.
Voeg suiker, koffie, water, room en sjokolade by en roer tot sjokolade net gesmelt is.
Sif bruismeel en kakao bo-oor, klits in sjokolademengsel in saam met eiers en vanilla tot net gemeng.
Giet in koekpan en bak ± 45 minute tot toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel in pan vir ± 15 minute.
Keer uit en laat heeltemal afkoel.
Bedien met styf geklopte room en bessies compote of net met versiersuiker oor gesif.

*Nota:
Ek het so teelepel koffie korrels opgelos in die 3 teelepels water.

Resep en foto: Christine Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5