GEBAKTE MELKTERT MET DRUKDEEG KORS
- Kors:
- 250 g botter
- 500 ml koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 3 eetlepels witsuiker
- 2 eiers
- knippie sout
Room botter en suiker saam tot suiker opgelos is.
Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Sif droë bestanddele saam en meng in bottermengsel in.
Vorm in ‘n bal, maak dig toe met kleefplastiek en plaas vir ± 60 minute in die yskas.
Verhit oond tot 180°C.
Spuit ‘n 25 cm deursnee tertbak met “spray and cook” en druk die deeg teen die bodem en kante van die tertbak vas om ‘n kors te vorm.
Bak die kors vir 25 tot 30 minute of tot ligbruin en gaar.
Haal uit oond en hou eenkant.
Verhoog die oond temperature na 190°C en laat verder warm word.
Terwyl die kors bak, maak die vulsel.
- Melkpapvulsel:
- 1 liter volroom melk
- 1 koppie witsuiker
- ½ koppie koekmeel
- ½ koppie Maizena
- 2,5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 4 eiers, geskei
- 2 eetlepels botter
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 teelepel suurlemoen geursel
Verhit 750 ml van die melk saam met die botter in ‘n pot.
Meng die oorblywende 250 ml melk met die koekmeel, Maizena, sout en bakpoeier tot ‘n baie gladde pasta.
Sodra die melk kook, skep ongeveer ‘n halwe koppie van die warm melk en meng met die melk- en meelmengsel.
Voeg die mengsel terug by die melk in die pot en roer met ‘n “whisk” oor lae hitte tot die mengsel verdik het.
Verwyder die pot van die hitte.
Voeg die vanilla- en suurlemoen geursel by en meng goed.
Meng ongeveer ‘n 100 ml van die warm melkpap met die eiergele. Sodra goed gemeng, voeg die eiergele mengsel terug in die pot en meng goed deur.
Klits die eierwitte tot stywepunt stadium en vou by die melkpap in met ‘n lepel.
Sodra al die eierwit goed ingevou is, skep die mengsel in die tertkors tot gelyk met die rand van die kors.
Bak vir 25 minute by 190°C.
Verwyder uit oond en sif pypkaneel oor die melktert.
Laat afkoel en geniet.
Resep en foto: Christine Louw