Your Recipe Blog

GEBAKTE MAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPELGEREG

GEBAKTE MAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPELGEREG

  • 6 spekrepies, gesnipper
  • 600 g maalvleis
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 teelepel knoffel
  • 200 g sampioene, fyngekap
  • 1 koppie of meer gerasperde cheddar kaas
  • 1 eetlepel Worcestershire sous
  • kruie en speserye na smaak
  • sout en peper
  • pietersielie of grasuie vir garnering
  • 7 groot aartappels, gekook en baie fyngemaak
  • ½ koppie suurroom
  • ¼ koppie melk
  • gerasperde kaas ekstra

Verhit die oond tot 180°C.
Kook die aartappels en maak baie fyn.
Meng die suurroom en melk by die aartappels en hou een kant.
Braai die gesnipperde spek tot krakerig en hou dan eenkant.
Braai die uie en hou eenkant.
Maak die maalvleis gaar met geurmiddels en voeg die fyn sampioene en die uie by.
Oppas dat die vleis nie te droog is nie.
Smeer ‘n oondvaste bak met margarine.
Skep die kapokaartappels onder in die bak.
Skep die gaar maalvleis bo-op die aartappels.
Strooi die gerasperde kaas lekker dik oor die vleis.
Sprinkel die gesnipperde spek bo-op en bak dit in die oond vir so ± 15 minute of totdat die kaas lekker gesmelt is.
Wanneer dit uitkom garneer met pietersielie of gras uie.
Bedien met slaaie van jou keuse.

Resep en foto : Hannie Steyn

 

 

 

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page