Your Recipe Blog

GEBAKTE KAASKOEK

GEBAKTE KAASKOEK

  • Kors:
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies/ gemmerkoekies, fyngemaak
  • 125 g gesmelte botter
  • Vulsel:
  • 2 blikkies kondensmelk
  • 500 g ongegeurde roomkaas
  • 250 ml suurroom
  • 500 ml dubbelroom ongegeurde joghurt
  • suurlemoensap (volgens smaak, as die mengsel te soet is voeg die sap by, indien nie, dan is die suurlemoensap nie nodig nie)
  • Bolaag:
  • blik aarbeie of kersies
  • 1 pakkie aarbei- of kersie-jellie

Vir die kors, meng beskuitjies en botter saam en druk vas in bodem van gesmeerde koekpan.

Vulsel:
Meng die vulselbestanddele saam en skep dit oor die voorbereide kors.
Bak 15 – 20 min teen 180 °C. Los in afgeskakelde oond om af te koel.
Wees versigtig om dit nie langer as 20 minute te bak nie, dit sal uitdroog.

Bolaag:
Sny aarbeie in helfte en rangskik in ‘n patroon op die kaaskoek. Voeg die sous van die aarbeie in ‘n glasbak en verhit die stroop tot vuurwarm. Meng die helfte van die jellie met die warm stroop tot opgelos. Laat jellie heeltemal afkoel en effens verdik.
Skep  stroop stadig oor die kaaskoek.
Plaas die kaaskoek in die yskas en verkoel vir ten minste 2 ure.
Enjoy!

Foto en resep: Heleen Brümmer Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page