GEBAKTE KAAPSE MELKTERT
- Kors:
- 1 pak gekoopte skilferkorsdeeg
- 125 g yskoue botter, gerasper
- Smeersel: 1 eier, geskei en eiergeel geklits
- Vulsel:
- 500 ml melk
- 1 kaneelstokkie
- 10 ml botter
- 2 groot eiers, geskei
- 15 ml koekmeel
- 15 ml Mielieblom (Maizina)
- 60 ml suikel
- 1 ml amandel geursel
- 5 ml vanieljegeursel
- 1 ml sout
Kors:
Vou die deeg oop. Versprei die botter oor die deeg. Vou in die helfte van onder en vou die bokant bo-oor. Vou nou die linkerkant tot in die helfte. Vou nou die regterkant tot in die helfte. Druk die deeg nou effens met die roller plat en rol uit.
Vulsel:
Plaas 500 ml melk (maar hou 125 ml uit), die kaneel, sout, die helfte van die suiker en botter in n dikboomkastrol en laat opkook.
Meng intussen die res van die suiker, mielieblom, meel, eiergeel en geursel met die 125 ml melk wat eenkant gehou was en klits tot daar nie enige klonte is nie.
Verwyder die melk van die plaat en haal die kaneelstokkie uit. Meng nou met ‘n draad klitser baie vinnig die meel mengsel by die melk. Plaas terug op die stoof en laat prut vir 5 min. Laat dan vir 10 min afkoel.
Klits nou die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in.
Smeersel vir bak:
Sit deeg in jou tertbord en smeer die boom van die deeg met die eierwit en skep die vulsel daarin. Verf die randjies met die eiergeel.
Bak by 200°C vir 35 min – 40 min tot goudbruin bo-op.
Strooi bietjie kaneelsuiker bo-oor.
Resep en foto: Hannelie Nagel