Your Recipe Blog

GEBAKTE GROENBOONTJIES MET SAMPIOENE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 60 minute | Servings: 4 - 5 Porsies

GEBAKTE GROENBOONTJIES MET SAMPIOENE

Regtig ‘n heerlike variasie as bykos, ons het dit baie geniet.

  • 250 g gesnipperde groenboontjies
  • 1 ui, fyn gekap
  • ½ bakkie sampioene, opgesny
  • 30 ml botter
  • 15 ml koekmeel
  • 2  ml bruinsuiker
  • 2 ml sout
  • knypie peper
  • 250 ml suurroom
  • 250 ml gerasperde cheddar kaas
  • 100 ml verkrummelde aartappelskyfies

Kook die groenboontjies gewoonweg in ‘n bietjie water met sout net tot sag nie pap nie.
Dreineer goed.
Voorverhit oond tot 180° C.
Smeer ‘n vuurvaste bak met ‘n volume van nagenoeg 1 liter.
Soteer die ui in die botter tot glaserig, voeg die sampioene by en soteer net tot sag.
Haal die pan van die stoof af en roer die meel, suiker, sout en peper by.
Roer die suurroom by.
Verhit dit oor matige hitte tot dik en roer aanhoudend. Moet net lekker dik wees indien te droog voeg bietjie melk by, maar moet nie loperig wees nie.
Voeg die uiemengsel en kaas by die boontjies en meng.
Skep in die voorbereide bak en strooi skyfies bo-oor.  Druk so effens in die mengsel in en indien verkies rasper nog bietjie kaas oor.
Bak tot die kante begin borrel dan is dit deur warm.
Bedien saam met vleis van jou keuse.

Resep aangepas en foto:  Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page