GEBAKTE EEZY PEEZY SOETPAMPOEN EN KOOL MET BROSSPEK EN ROOM
“Njamm. Die soetpampoen kan jy in die oond of lugbraaier doen.”
- SOETPAMPOEN
- pampoen, geskil en in 3 mm skywe gesny
- 2 eetlepels botter of 70% kunsbotter
- 3 teelepels suiker
- paar knippies kaneel
- ROOMKOOL
- 2 eetlepels olie
- ½ gekapte ui
- ½ koppie spekstukkies
- ¼ kopkool, in dun skywe gesny
- ½ blokkie hoenderekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
- 1 koppie room
Soetpampoen:
Pak die pampoen plat uit op bakplaat of lugbraaier.
Stip met botter en strooi kaneel en suiker oor.
Bak dit in die oond teen 190 °C vir 40 minute oop of tot sag en gekaramaliseerd.
Alternatief: bak dit in lugbraaier teen 180 °C vir 30 minute.
Roomkool:
Braai die uie en spek in ‘n potjie tot die spek bros is.
Haal uit en hou dit eenkant.
Kook die kool in die ekstrak tot sag, maar effe krakerig.
Reduseer die ekstrakvloeistof so halfpad.
Voeg nou die room by en prut tot die vloeistof verdik.
Bedien die twee disse saan op een bord.
Resep en fotos: Stef Conradie