Your Recipe Blog

GEBAKTE DADEL- EN TOFFIEPOEDING

Recipe by
Cook: 25 - 30 min

GEBAKTE DADEL- EN TOFFIEPOEDING

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand
My aangepaste resep, die oorspronklike resep was te soet na ons smaak.

  • Beslag:
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • ¾ koppie gouestroop
  • 4 eiers, geklits
  • 200 g fyngekapte dadels
  • 200 ml kookwater
  • ½ koppie botter by kamertemperatuur
  • ½ koppie louwarm melk
  • 1 teelepel koeksoda
  • Sous:
  • 1 koppie botter
  • 1 koppie room
  • 400 ml bruinsuiker
  • Giet die kookwater oor die dadels en laat staan vir 10 min. Dreineer.
  • Meng die suiker en meel. Smelt die botter in die warm melk en roer die koeksoda by.
  • Voeg die melkmengsel saam met die stroop en dadels by die meelmengsel en meng goed.
  • Laastens klits die eiers en voeg by beslag.
  • Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak en bak op 180° C vir 25 – 30 minute tot goudbruin en gaar.
  • Sous:
  • Verhit die bestanddele oor baie lae hitte tot alles gesmelt is en prut vir 3 min.
  • Giet helfte van die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
  • Bedien die poeding warm saam met die res van die sous en room, roomys of vla.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page