Your Recipe Blog

GEBAKTE CARBONARA

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4

GEBAKTE CARBONARA

  • 250 g spekrepies, in blokkies gesny
  • 400 g (4 koppies) pennenoedels
  • 2 middelslag uie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • 6 eiers
  • 250 ml melk
  • 250 ml room
  • 100 g cheddarkaas, gerasper
  • sout, neutmuskaat en swartpeper
  • 250 ml ertjies
  • 150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny

Verhit die oond tot 180 °C.
Braai die spek in ‘n middelslag pan tot bros.  Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en deursigtig.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Meng die eiers, melk, room en cheddarkaas.  Geur met sout, neutmuskaat en peper.
Skep die pasta in ‘n oondvaste bak met ‘n inhoudsmaat van 3 liter.
Strooi die ertjies oor en gooi die melk-en-eiermengsel bo-oor.
Druk die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in.
Bak tot goudkleurig en gestol voor jy smul.

Foto:  B du Toit

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page