Your Recipe Blog

GEBAKTE AVOKADO

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 12 minute

GEBAKTE AVOKADO

Ons gunsteling met Avokado.

  • 1 ryp avokado, maar nog ferm
  • 1 gekookte eier, fyngedruk
  • 1 sny brood, korsies af en geweek in bietjie melk
  • 1 eetlepel gerasperde kaas
  • ½ teelepel origanum
  • 1 teelepel fyngesnyde rooi soetrissie of die vleis van 1 kersietamatie sonder die pitte of soet chilliesous
  • ½ teelepel Sour Cream and Chives Sprinkles
  • suurlemoensap
  • sout en peper na smaak

Verhit oond tot 180 grade°C.
Spuit ‘n plat bakplaat met verkieslik olyfoliesproei.
Sny die avokado in die lengte deur en verf met suurlemoensap.
Druk die melk uit die brood en meng met die res van die bestanddele en vul die holte en bedek die hele boonste deel van die avokado se twee helftes daarmee.
Bak vir 10 tot 12 minute totdat die vulsel effens verbruin het.
Dit is baie vullend en heerlik met ‘n ligte slaai daarby.

Resep en foto:  Rhona Richards Peens

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page