GEBAKTE AMARULA-TERT
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Rachelle Reyneke
Resep wat ek by vriendin gekry het – lekkerste tert wat ek ooit geëet het.
- Meng saam en laat afkoel:
- 60 ml kakao
- 125 ml kookwater
- Beslag:
- 3 eiers
- 220 ml suiker
- 60 ml olie
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- Stroop:
- 200 ml suiker
- 250 ml water
- 60 ml Amarula
- Beslag:
- Meng kakao met kookwater, laat afkoel. Klits suiker en olie saam en voeg eiers een vir een by. Meng goed.
- Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur.
- Sif droë bestanddele en voeg by eiermengsel, meng goed deur. Skep in ‘n glasbak 22 cm/30 cm wat vooraf gespuit is met nie-kleefwerende middel.
- Bak by 180 ºC vir 25 – 30 min.
- Stroop:
- Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is. Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur.
- Prik die koek sodra dit uit die oond kom en skep die warm stroop oor.
- Laat heeltemal afkoel.
- Versiering:
- 1 blik karamel kondensmelk
- 250 ml room, styf geklits
- Flake vir bo-oor strooi
- Smeer eers karamel kondensmelk oor die afgekoelde koek, dan styfgeklopte room en strooi fyn Flake oor.
Category:

