Your Recipe Blog

GEBAKTE AARTAPPELSLAAI

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 15 ruim porsies

GEBAKTE AARTAPPELSLAAI – GROOTMAAT

Foto: Meisie Van Der Colff
Ongeveer 15 ruim porsies
Bedien saam met braaivleis.

  • 20 medium grootte gekookte aartappels (nie te sag gekook nie),
    sny in blokkies en pak in oondpan
  • Witsous:
  • 2 koppies melk
  • 3 eetlepels margarien
  • 3 eetlepels koekmeel
  • sout en peper na smaak
  • Plaas bogenoemde in ‘n mikrogolf  houer en meng goed dat daar geen klontjies is nie.
  • Sit in die mikrogolf op hoog en roer elke 1 minuut, totdat die witsous gaar en dik is.
  • Meng die volgende by witsous:
  • ½ koppie mayonnaise
  • 2 eetlepels aangemaakte mosterd
  • Skep die sousmengsel oor die aartappelblokkies en meng liggies deur.
  • Rasper genoeg Cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
  • Bak vir 30 minute by 180 ºC.

GEBAKTE AARTAPPELSLAAI

  • Sny 6 gekookte aartappels, nie pap gekook, in blokkies en plaas in bak.
  • Maak witsous van die volgende:
  • 1½  koppies melk
  • 2 eetlepels margarine
  • 2 eetlepels koekmeel
  • sout en peper na smaak
  • Meng die volgende by die gaar witsous:
  • ¼ koppie mayonnaise
  • 1 eetlepel aangemaakte mosterd
  • Skep oor aartappels, meng liggies deur.
  • Rasper dan cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
  • Bak vir 30 minute by 180ºC.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page