GAZPACHO
Hierdie yskoue Spaanse sop is net reg vir die laaste warm dae voor die winter.
- 5 snye witbrood, opgebreek
- 1 koffelvingertjie, gekap
- ⅓ koppie olie (olyf as jy het)
- ¼ koppie bruinasyn
- 2 blikkies gekapte tamatie
- 1 klein komkommer, gekap
- 1 rooi soetrissie, gekap
- 1 ui, opgekap
- ⅓ koppie lemoensap
- 1 eetlepel gekapte pietersielie
- ysblokkies
- Kroutons:
- 2 snye witbrood, korsies af en in blokkies gesny
- paar lepels olie
Kombineer die opgebreekte brood, knoffel, olie en asyn in ‘n bakkie en laat staan vir 30 minute.
Prosseseer die broodmengsel, tamatie, komkommer, soetrissie, ui en sap tot glad in ‘n voedselverwerker of met ‘n staafmenger.
Giet die sop deur ‘n sif of vergiettes in ‘n bak en verkoel die sop vir 3 ure of oornag.
Berei die kroutons net voor opdiening.
Braai broodblokkies in vlak olie tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.
Bedien die sop yskoud met die kroutons en ysblokkies. Njamm!
Resep en foto: Stef Conradie