GARNAALKELKIE
As mens nou nie die ware jakop (kreef) kan kry nie gebruik jy maar sy bonzai broertjie (garnale).
- 1 x 300 g pakkie garnale, gaargemaak is in ‘n warm pan in ‘n bietjie knoffelbotter vir 4 – 5 minute
- Maak ‘n sous wat bestaan uit:
- 1 eetlepel blatjang
- 2 eetlepels mayonnaise
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel wit peper
- 1 teelepel knoffel vlokkies
- 1 teelepel rissie vlokkies
- 1 medium groot gekerfde ui
- 5 klein garneer tamatietjies, gekerf
- 1 eetlepel suiker
- kropslaai blare
Meng alles saam buiten die slaaiblare en roer afgekoelde garnale by.
Skep op in ‘n bakkie wat uitgevoer is met kropslaaiblare en laat koud word in die koelkas om die sous lekker te laat deurtrek.
Resep en foto: Gideon Louw