GARNAAL PASTA
- gaar tagliatelle pasta
- 4 preie (leeks)
- 1 pakkie gesnyde sampioene
- knoffel
- grasuie
- 1 koppie room
- 1 koppie witwyn
- 1 koppie melk
- 1 kg skoongemaakte heel garnale (prawns)
- peri peri sous
- botter
Braai in heelwat botter die leeks, sampioene en knoffel tot bietjie bruin.
Voeg wyn by en laat prut vir 5 min.
Haal uit pot en braai prawns op hoë hitte ook in heelwat botter tot net gaar.
Voeg preiemengsel by garnale, roer deur en voeg die room, melk en peri peri sous by. Roer deur.
Voeg sout en peper by na smaak.
Kook alles stadig en maak sous dik met bietjie meel indien nodig.
Voeg gaar tagliatelle pasta by, roer deur en garneer met gesnyde grasuie.
Resep en foto: Deon van Aarde