Your Recipe Blog

GAMMON MET GEMMER “GLAZE”

GAMMON MET GEMMER “GLAZE”

  • 2 kg gerookte gammon
  • 2 naeltjies plus ekstra vir stop
  • 1 kaneelstok
  • 10 peperkorrels
  • 2 lourier blare
  • 2 geskilde wortels, in stukke gesny
  • 3 seldery stingels
  • 2 uie, in kwarte gesny
  • Glaze:
  • 1 blikkie fyn pynappel
  • 1 koppie gepreserveerde gemmer, fyn gesny
  • ¼ koppie gepreserveerde gemmerstroop
  • ⅓ koppie donkerbruin suiker
  • 2 eetlepels witwyn asyn
  • ¼ koppie sherry
  • 2 teelepels gemaalde gemmer

Plaas die gammon bestanddele in ‘n pot en bedek die gammon heeltemal met water.
Bring tot kook en laat kook vir 1 uur 40 min of tot lekker deur gaar.
Verwyder van hitte en koel af in vloeistof.
Haal uit en plaas in ‘n oondbak.
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Sny die vel af sodat die vetlagie agterbly.
Sny met ‘n skerp mes liggies diamant patrone oor die vetlaag en stop dit met naeltjies op die kruisies van die gesnyde lyne.
Maak die glaze bestanddele warm op medium hitte.
Plaas die gammon in die oond en smeer die glaze oor met ‘n kwas en bak vir 20 tot 30 min.
Smeer met tussenpose nog glaze oor tot dit karameliseer.

Foto en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page