GAMMON MET GEBAKTE APPEL
- 1 heel gammon
- 2 blikke Appel Cider
- 1 koppie kookwater, met hoenderekstrakblokkie opgelos
- 4 – 5 geskilde halwe aartappels
- 5 appels, in dwarste deurgesny
- kaneelsuiker vir oorstrooi soos met pannekoek
- 1 eetlepel mosterd
- salie en tiemie, gekap (vars as jy het)
- 1 vol eetlepel Bisto
- sout/Aromat en peper
Plaas gammon in ‘n pot.
Giet die Cider en ekstrak oor en sit deksel op of maak toe met foelie.
Bring tot kookpunt, draai hitte laer en laat prut vir 1 uur 30 min.
Draai paar keer om.
Sit aartappels by en prut nog 20 min.
Voeg nog water by indien nodig.
Rankskik appels rondom, sprinkel kaneelsuiker oor.
Smeer mosterd oor die gammon.
Sprinkel die tiemie en salie oor die gammon en aartappels en skep die pansous oor die aartappels.
Plaas in voorverhitte oond 180°C.
Bak oop in oond tot aartappels en gammon sag is.
Skep voortdurend pansous oor.
Giet meeste sous af in ‘n souspannetjie en verdik met Bisto en bietjie water.
Geur met sout en peper indien nodig (onthou gammon is klaar redelik sout).
Laat rus so ‘n kwartier voor jy dit sny.
NJAMM!
Foto en resep: Stef Conradie
Category: