Your Recipe Blog

GAAR STEAK- EN PASTAGEREG

GAAR STEAK- EN PASTAGEREG

Ek is deesdae op missie om nie enige oorskiet kos weg te gooi nie en hiermee my Maranda se Steaks Kry Lewe resep.
  • 1 pak macaroni pasta
  • steak wat oorgebly het, in fyn repies gesny (ongeveer 300 g)
  • ½ ui, fyn gekap
  • 4 knoffeltoontjies, gesny
  • 4 cm stuk vars gemmer
  • 1 koppie bees ekstrak
  • 1 koppie suurroom
  • Worcestersous na smaak
  • sout na smaak
  • swartpeper na smaak
  • Parmesan kaas, vir bo op, opsioneel
  • gerasperde skil van ¼ suurlemoen, ook opsioneel

Kook pasta tot gaar. Braai uie, gekapte knoffel en gemmer saam. Voeg gaar repies steak by.
Voeg geursel, sout en bees ekstrak by en bring stadig tot kookpunt.
Meng die suurroom by en kook stadig tot dik, indien dit nie styf genoeg wil kook nie voeg ‘n klein bietjie Maizena aangemaak met bietjie water by en kook goed deur tot verdik.
Meng die vleismengsel met die gaar pasta.
Rasper bietjie Parmesan en suurlemoenskil, strooi bo-oor asook swartpeper, optioneel.
Bedien.

Resep en foto: Maranda Van Dam

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5