Your Recipe Blog

FYN TURKSVYKONFYT

Cook: 2 hrs

FYN TURKSVYKONFYT

My dogter het 2 bokse Turksvye vir my gegee en gevra ek moet konfyt kook. My man het die Turksvye geskil. Die bottel met net stroop is hare.

  • 1.3 kg ryp turksvye
  • 700 ml water
  • 1 kg witsuiker
  • sap van ‘n ½ suurlemoen
  • 1 knoets gekneusde gedroogte gemmerwortel
  • knippie sout

Skil die ryp turksvye dun af en sny dit in klein blokkies op.
Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Kook ‘n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg die witsuiker, suurlemoensap, gekneusde, gedroogde gemmerwortel en ‘n knippie sout by die warm turksvymoes.

Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is. Skuim die konfyt af, indien nodig.
Verwyder die gemmer en gooi in die asblik.
Bottel die konfyt warm en verseël dit wanneer afgekoel.

Resep en foto: Meisie Van Der Colff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page