FYN MAKATAANKONFYT
- makataan
- witsuiker
- suurlemoensap
- vars gemmer
- sout
Sny die sagte vleis van die makataan/waatlemoen uit, (waatlemoen moenie ryp wees nie), maal of sny in klein blokkies.
Weeg die voorbereide vrugte.
Vir elke 1 kg makataan/waatlemoen voeg 80 ml water by en kook in ‘n kastrol met die deksel op tot sag. Jy hoef nie weer te weeg nie.
Voeg by elke 1 kg makataan, 750g witsuiker, 37,5 ml suurlemoensap, gemmer (‘n knoets heel gemmer, gekneus, in moeseliendoekie geknoop) en knippie sout by.
Verhit stadig tot kookpunt, roer tot suiker op gelos is.
Kook matig tot dik en helder (roer af en toe, skuim is baie, pasop vir oorkook). Verwyder moeseliendoekie en gooi weg. Toets die konfyt se dikte op ‘n koue piering.
Bottel in gesterilliseerde flesse en verseël warm.
Nota:
Ek het myne warm gebottel en nie kokend nie. Ek het ook plastiek bottels gebruik, oor ek nie ander gehad het nie.
Resep en foto: Louisa Hollenbach