Your Recipe Blog

FYN MAKATAAN- EN PYNAPPELKONFYT

FYN MAKATAAN- EN PYNAPPEL KONFYT

Gister lekker bedrywig gewees. Ek en my Pappa het 5 makatane bewerk en fyn makataan en pynappel konfyt gemaak. Ons het 10 kg vlees gekry uit 5 makatane.

  • 2 kg makataan, vlees fyn gesny
  • 1.5 kg suiker
  • 1 middelslag pynappel, fyn gesny
  • ½ teelepel kremetart
  • Variasie:
  • kaneel stokkie of ¼ koppie suurlenoen sap

Voeg al die bestanddele in ‘n groot pot.
Kook oor lae hitte tot die suiker gesmelt is.
Draai hitte bietjie op en kook vir ± ‘n uur, hierdie resep kry geen water by nie.
Doen stol toets.
Berei genoeg bottels voor.
Bottel warm en bêre.

Resep en foto: Emmerentia MC Pretorius

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page