FYN HOENDER MET PASTA
- 6 hoendersukke, gaar gekook en ontbeen
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- 100 ml mayonnaise
- 50 ml appelkooskonfyt
- 700 ml melk
- sout en peper na smaak
- 50 ml vars pietersielie, gekap
- 500 g rou pasta
Voorverhit die oond tot 180ºC. Bespuit ‘n medium oondbak.
Sny die gaar hoender in klein stukkies en skep in die oondbak.
Meng die soppoeier, mayonnaise, konfyt en melk en verhit stadig tot goed gemeng en konfyt gesmelt is.
Moenie laat kook nie.
Verwyder van hitte.
Giet die soppoeiermengsel bo-oor die hoenderstukkies en meng deur.
Voeg helfte van die pietersielie by.
Bedek die bak met foelie en bak die hoendermengsel 35 minute.
Kook intussen die pasta tot gaar en dreineer.
Meng die met die res van die pietersielie.
Meng die hoender met die pasta en geur na smaak.
Sit warm voor.
Resep en foto: Amanda Austen