FUDGE VIR BEGINNERS
Die maklikste fudge resep ooit.
- 1 blik kondensmelk
- 500 g versiersuiker
- 2 teelepels vanilla geursel
- botter om pannetjie mee te smeer
Meng alles saam (dis baie styf).
Smelt oor medium hitte en laat prut.
Roer heeltyd en vanaf dit prut neem dit ongeveer 12 minute (jy sal sien kleur verander).
Keer uit in pannetjie wat met botter gesmeer is.
Maak gelyk en sny in blokkies.
Foto en resep: Elzetna De Bruin
Anita Smit
Dit is n puik resep!! Baie dankie vir hom.
Hy is beter as die mikrogolf fudge resepte!
Ek het myne dubbel gemaak, hy stol so vinnig, sodra alles in glas bak is.