FUDGE MET KONDENSMELK
- 480 ml suiker
- 45 ml water
- 40 ml botter
- 30 ml stroop
- 1 blikkie kondensmelk
- 5 ml vanilla geursel
Meng suiker en water op stoofplaat, tot suiker opgelos is.
Voeg die botter en stroop by en roer tot gesmelt.
Voeg kondensmelk by en roer aanhoudend tot dit kook.
Kook 25 min lank tot ‘n sagte bal. Roer af en toe.
Laat afkoel tot louwarm en voeg die vanilla by. Klop tot dik en romerig.
Giet in vooraf bespuite pannetjie – laat dit vrylik uitloop.
Verkoel en sny blokkies.
Nota:
Hierdie is ‘n sagte fudge.
Resep en foto: Amanda Austen