Your Recipe Blog

FRIKKIE SE TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

FRIKKIE SE TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

  • 3 ekstra groot eiergele
  • 1 koppie olie
  • 1 hoogvol teelepels Dijon mosterd
  • 1 teelepel knoffel of na smaak
  • stewige knippie sout en wit peper
  • 2 tot 3 druppels Tabasco
  • 1 teelepel suiker
  • 30 ml suurlemoensap

Plaas die eiergele in die versapper en skakel die versapper aan.
Giet die olie (ek gebruik 50% druiwepit en 50% sonneblomolie) in ‘n baie dun baie stadige straaltjie in terwyl versapper op sy vinnigste loop.
Voeg die res van die bestanddele by nadat al die olie ingemeng is en meng baie goed.
Voeg nog 30 ml suurlemoensap by indien dit te dik raak.
Skep in ‘n houer wat dig seël en plaas in die yskas.
Hierdie mayonnaise het ‘n 3 dag rakleeftyd in yskas.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page