Your Recipe Blog

FRIKKIE SE SPESERY-SNOEPERY NEUTE

FRIKKIE SE SPESERY-SNOEPERY NEUTE

  • 4 teelepels botter, of druiwpitolie of sonneblomolie. Olyfolie word nie aanbeveel nie want dit kan maklik brand en word gou galsterig
  • 5 koppies geaktiveerde pekanneute
  • 2 teelepels sout
  • ½ teelepel paprika (ek verkies gerookte paprika)
  • ½ teelepel mosterdpoeier
  • ½ teelepel fyn koljander
  • ½ teelepel rooipeper
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • 1½ koppies bosbessies (cranberries)
  • 2 eetlepels strooisuiker

Verhit die botter oor medium hitte in ‘n groot pan.
Voeg die neute by en laat dit bietjie braai. Pasop om nie te brand nie.
Skud die pan gedurig of gebruik ‘n lepel om dit te bly meng sodat dit eweredig rooster.
Meng die sout met al die speserye en sprinkel oor die neute.
Hou aan om dit te roer sodat die speserye eweredig kan vaskleef aan die vetterige neute.
Hou aan rooster terwyl jy dit roer tot jy die speserye ruik
Keer uit in ‘n plat bak / bakplaat. Dis baie belangrik anders hou die neute aan rooster in die warm pan en brand dalk.
Sprinkel die strooisuiker oor en voeg die bosbessies by.
Roer tot die suiker oraloor kleef en alles lekker deurgemeng is.
Koel af tot koud. Bêre in ‘n lugdigte houer in ‘n koel droë donker plek.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page