FRIKKIE SE OUTYDSE SKONS
- 3 koppies koekmeel
- 30 ml bakpoeier
- sout
- 125 g botter of bakmargarien, kamertemperatuur
- 3 eiers
- 1 koppie karringmelk of Amasi/plain yogurt/melk
Sif droë bestanddele saam en vryf 125 g botter of bakmargarien in.
Klits die eiers goed. Voeg die karringmelk/ Amasi/plain yogurt/melk by en meng goed.
Hou 50 ml van die natmengsel eenkant en voeg die res by die droëmengsel.
Werk baie liggies en meng met ‘n vurk. Moenie knie nie.
Keer uit op meelbestrooide oppervlak. Rol in ‘n silinder en druk plat so 5 cm dik.
Sny in die helfte en sit die deeg opmekaar.
Druk weer 5 cm dik en sny weer in die helfte en sit die lae op mekaar.
Druk weer plat tot so 2 – 2.5 cm dik. Druk af met ‘n “cookie cutter”, maar moenie “twist” nie.
Pak op voorbereide bakplaat en smeer die 50 ml nat mengsel oor sonder dat dit van die kante afdrup.
Bak by 190⁰C vir 15 min.
Resep en foto: Frikkie Jones