Your Recipe Blog

FRIKKIE SE NUWE SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 66 minutes | Servings: 1 x 23 cm

FRIKKIE SE NUWE SJOKOLADEKOEK

Gebruik ‘n 23 cm pan, bodem uitgevoer met bakpapier en gespuit.
Oond 170°C Thermofan (of 180⁰C konvensioneel) met ‘n poedingbakkie kookwater onder in die oond.

  • 6 eiers, geskei
  • 1½ koppies strooisuiker
  • 80 ml kakao in ‘n maatbeker. Maak vol met kookwater tot 300 ml en meng dan tot opgelos. (Gebruik vir ‘n witkoek, maizena en kouewater)
  • 125 ml olie
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 koppies koekmeel, gesif
  • 3 teelepels bakpoeier
  • knippie sout

Klits die eiergele en suiker goed saam tot dik en bleek. As die klitser uit die mengsel getrek word, moet die beslag ‘n “8 of W” maak.
Voeg die kakaomengsel, olie en vanilla by.
Voeg die meel by en meng tot NET gemeng en glad. Sprinkel die bakpoeier oor die beslag. Klits die eierwitte en sout styf en vou in 2 dele by die meelmengsel in.
Giet in pan en “bump” om die groot bubbles te breek.
Bak vir 33 min. Draai die pan ‘n halfdraai in die oond, bak ‘n verdere 33 min of tot die toetspen skoon uitkom.

Keer koek uit op afkoelrak en koel onder ‘n nat vadoek af.

Sny in 3 lae en vul met vulsel van jou keuse.
Hier het ek ‘n tuisgemaakte karamel en 70% sjokolade ganache gebruik.

Resep en foto: Frikkie Jones

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page