Your Recipe Blog

FRIKKIE SE “LEMON MERINGUE” TERT

FRIKKIE SE “LEMON MERINGUE” TERT

Hierdie suurlemoen meringue tert bak ek met baie groot sukses.

  • Klits saam tot glad:
  • 125 g sagte botter
  • 2 eetlepel suiker
  • 1 teelepel vanilla
  • 30 ml olie
  • 1 eier
  • sout
  • Voeg by:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • Ekstra:
  • kaneel

Klits  baie stadig tot growwe krummels.
Druk vas in ‘n lagie in ‘n voorbereide tertbord.
Sprinkel ‘n baie fyn lagie kaneel oor. Bak vir 12 minute by 180°C.

  • Vulsel:
  • 2 blikke Clover kondensmelk
  • ½ koppie vars suurlemoensap
  • 8 eiergele, geklits

Meng die kondensmelk en suurlemoensap. Voeg die eiergele by en giet in gebakte kors.
Bak vir 20 minute by 160°C.

  • Bolaag:
  • 8 eierwitte
  • 2 koppies strooisuiker
  • sout

Sny ‘n suurlemoen middeldeur en vee jou mengbak goed uit met die suurlemoen halwe.  Neem ‘n papierhandoek en maak die mengbak goed droog.
Plaas die eierwitte in ‘n 100% skoon en droë bak saam met ‘n knippie sout.
Klits tot sagte pieke vorm en voeg die strooisuiker lepel vir lepel by,  klits goed na elke byvoeging. Indien jy ‘n “stand mixer” gebruik, tel ek 50 draaie voor ek die volgende suiker byvoeg.
Klits vir nog 2 minute as jy al die suiker inhet.
Spuit die eierwitmengsel op die gebakte vulsel en bak weer vir 30 minute by 160°C.
Sit oond af en maak op ‘n skrefie oop.
Laat staan so uur in die oond voor jy dit uithaal.

Nota:
Op reënerige dae klits ek so halwe koppie gesifde Maizena by aan die einde van die klitstyd. Dis absorbeer van die vog in die lug.
Mens moet net nie rosette spuit nie. Dit gaan kraak. Mens spuit sulke dollops.
Gebruik ‘n groterige ster nozzle.
Hierdie resep is vir ‘n groot tertbord of ‘n 23 cm veerklamppan. Jy gaan bietjie van die tertkors oorhê maar kan gevries word of vir ‘n ander tert gebruik.

Resep en Foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page