Your Recipe Blog

FRIKKIE SE HEERLIKE SUURLEMOENPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

FRIKKIE SE HEERLIKE SUURLEMOENPOEDING

Resep en foto: Frikkie Jones
Gebruik altyd ‘n glasbak, dan rys die poeding perfek.

  • Meng saam met ‘n “whisk” en hou eenkant:
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ koppe suiker
  • 1 teelepel bakpoeier
  • Meng die volgende saam:
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 eetlepel asyn
  • Res van bestanddele:
  • 1 opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 koppie melk of Amazi
  • 1 geklitste eier
  • Meng goed tot dit opbruis en voeg dan die appelkooskonfyt by en meng goed.
  • Voeg die melk of Amazi by en dan die geklitsde eier.
  • Meng nat bestanddele met die droë bestanddele tot net gemeng.
  • Dis n slapperige deeg.
  • Giet in gesmeerde glasbak (ongeveer 20 x 25 cm) en bak @ 180⁰C vir 40 min.
  • Draai die bak halftyd sodat die agterkant voor is.
  • Giet die kokende stroop oor die gaar poeding.
  • Stroop:
  • 1 koppie water
  • ½ koppie suurlemoensap
  • 1 koppie suiker
  • 100 g botter
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 teelepel sout
  • 2 suurlemoene se gerasperde skil.
  • Kook die bestanddele saam en giet deur ‘n sif oor die warm poeding.
  • Skep swiss meringue oor en brand met ‘n blaasvlam.
  • Swiss Meringue:
  • 4 eierwitte
  • 1 koppie suiker of ligte bruinsuiker
  • Sit eierwitte en suiker oor n pruttende pot water en klits heeltyd met ‘n “whisk” tot 65ºC.
  • Klits styf met die Kenwood en skep “dollops” van die mengsel oor die poeding.
  • Brand met n blaasvlam of onder die “grill” van die oond.
  • Geniet saam met vla.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page