FRIKKEDELLE IN TAMATIESOUS GEBAK
‘n Effense variasie op frikadelle, maar verskriklik lekker. En baie maklik. Die frikkadelle word nie gebraai nie, die sous nie gekook nie en die bolaag gebruik ou brood op. Wat kan beter wees?
- Frikkadelle:
- 500 g vark maalvleis (gebruik bees as jy nie kan kry nie)
- 350 beesmaalvleis
- 1 ui, fyn gekap
- 1 eetlepel gekapte vars roosmaryn
- 1 knoffelhuisie, gerasper
- 200 ml broodkrummels
- 100 ml melk
- 1 eier
- 2 teelepels balsamiese asyn
- 2-3 teelepels sout, en vars gemaalde peper
- Tamatiesous:
- 1 bottel tamatie gegeurde pasta sous van jou keuse
- 1 blik gegeurde gekapte tamaties van jou jeuse
- 1 teelepel suiker
- 1 teelepel gemengde kruie
- sout en peper
- Brood bolaag:
- 5-6 snye enige ou brood, in blokkies gesny
- 3 eetlepels olie van jou keuse
- 2 teelepels “garlic and herb” speserye
- 1 koppie gerasperde kaas
Meng al die frikkadel bestanddele saam. Vorm in ongeveer 20 frikkadelle.
Meng die tamatiesous bestanddele saam, sommer in die oondbak waarin jy dit gaan bak.
Plaas die frikkadelle in die sous, bedek die bak met foelie, en bak 1 uur by 200ºC.
Meng brood bolaag bestanddele saam in ‘n mengbak.
Skep bo-op gebak en bak oop vir 15 – 20 minute by 200ºC.
Bedien met spaghetti en slaai.
Resep en foto: Ilze Jacobs













