FRIKKADELLETJIES IN TAMATIESMOOR (OONDGEBAK)
- Meng saam in ‘n bakkie en plaas in ‘n gesmeerde oondpan:
- 2 blikke Miami tamatie en uie smoor (Hierdie maak is lekker en nie waterig nie)
- 1 pakkie Knorr Oxtail and veg soppoeier
- Vir die frikkadelletjies:
- 1.8 kg maer maalvleis
- 1 ui, gerasper
- 2 groot wortels, fyn gerasper
- 2 huisies knoffel, fyngemaak
- 3 blokkies Weetbix of Nutrific (of so 2 – 3 snytjies brood)
- 1 eetlepel sojasous
- 1 eetlepel Ina Paarman seasoned salt
- 1 teelepel fyn naeltjies
- 1 handvol Italiaanse platblaar pietersielie, fyngekap
Meng al die bestanddele liggies, en vorm klein frikkadelletjies en plaas op die sous in die oondpan.
Bak op 180°C vir 25 – 30 min.
Nota:
Die resep kan maklik halveer word.
Bedien met kapokaartappels en gebakte bone.
Resep en foto: Louise Groenewald
Category: