FRIKKADELLE MET SPINASIE EN SAMPIOENE
Het so bietjie gespeel met meatballs vanaand.
- Frikkadelle:
- ¼ koppie melk
- ekstra groot knip witpeper
- ¾ teelepel koljander
- ½ teelepel neutmuskaat
- ekstra groot knip kruienaeltjies
- 1 teelepel sout plus nog ’n ekstra groot knip sout
- 3 snye witbrood, korsies afgesny
- 2 eiers, geklits
- 1 kg bees maalvleis
- ½ koppie witui, gerasper nie gekap nie
- 200 g Engelse spinasie, baie fyn gekap
- 250 g sampioene, baie fyn gekap of gerasper
Meng die speserye en sout by die melk in. Week die brood daarin tot al die melk opgesuig is.
Maak die brood met ’n vurk fyn en meng die eiers in.
Voeg die broodmengsel by die maalvleis, sampioene, spinasie en ui. Meng liggies deur met die vurk.
Smeer die bodem van ’n oondvaste bak met botter.
Vorm liggies frikkadelle en sit in oondbak en bak vir 35 – 40 min teen 180ºC.
Foto en resep: Wian Swart
Nota – Rina Kleinhans
Moet nooit jou maalvleis teveel hanteer nie, dan is die frikkadelle baie vas, werk met ‘n vurk en rol liggies soos Wian hier aanbeveel.