Your Recipe Blog

FRIKKADELLE MET ‘N SOUSIE

FRIKKADELLE MET ‘N SOUSIE

  • 700 g bees maalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 tamatie, fyngekap
  • 1 teelepel knoffel
  • ½ koppie broodkrummels
  • baie pietersielie
  • 2 eiers
  • sout en pepper
  • ¼ koppie Mrs Ball blatjang
  • Ekstra:
  • bietjie room opsioneel
  • olie vir braai

Meng al die bestanddele saam buiten die room en maak balletjies. Pak in ‘n groot pan.
Braai baie stadig in bietjie olie tot gaar.
Wanner die frikkadelle gaar is, haal uit en dreineer die ergste vet af wat in die pan is.
Kap die ui fyn en braai in dieselfde pan tot sag en bietjie bruin.
Voeg daarby water en laat bietjie kook. Voeg Bisto by of enige sousmengsel wat jy wil gebruik en voeg nog Mr Balls blatjang by tot jy tevrede is dit smaak goed.
Moenie sout en peper vergeet nie, voeg by na smaak.
Voeg ‘n eetlepel room by net om dit bietjie romerig te maak. Ek gebruik sommer “light” room sodat dit nie so erg moet vetmaak nie.

Resep en foto:  Marianne Jacoby

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page