FRIKKADELLE MET ‘N CHAKALAKA ROOMSOUS
Ek kan weer proe en ruik na ‘n tweede Covid die jaar, en hier in NZ mis ek my ma baie. Ek maak vanaand haar (geketofiseerde) frikkadelle met ‘n chakalaka roomsous vir aandete. Lae kalorie/keto en diabeties vriendelik. Ek voel al klaar beter. xxx
- Frikkadelle:
- 500 g beesmaalvleis
- 2 eetlepels fyngekapte pietersielie
- ½ ui, fyngekap
- ½ teelepel neutmuskaat
- 2 teelepels asyn
- 100 ml amandel- of sonneblomsaadmeel
- 1 eier
- sout en peper na smaak
- olyfolie vir braai
- Sous:
- 75 ml water
- 100 ml room
- ½ blik warm chakalaka (ek het Miami gebruik)
Meng die bestanddele vir die frikkadelle saam tot gemeng en vorm 12 frikkadelle.
Plaas die frikkadelle in die yskas en verkoel vir 30 minute.
Verhit olyfolie in ‘n pan of braaipan en braai die frikkadelle aan weerskante tot goudbruin en deurgaar.
Voeg die sous bestanddele by die frikkadelle in die pan en roer versigtig deur.
Prut die frikkadelle en sous vir 5 minute.
Bedien warm.
Resep en foto: Ilze Jacobs