FRIKKADELLE MET KERRIE-PYNAPPELSOUS
Hierdie maak ek graag in die winter. Gemoedskos en spesiaal genoeg vir gaste.
- 750 g maalvleis
- 1 groot ui, gekap
- 1 pak (150 g) Sout en Asyn chips (verkrummel)
- 1 eier, geklits
- sout en peper
Meng alles saam en maak frikkadelle. Rol frikkadelle in meel en rangskik in oondbak.
- Sous
- 2 groterige uie, in ringe
- 1 blik 410 g pynappelstukkies, met sous en al
- 50 ml asyn
- 20 ml bruinsuiker
- 15 ml kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 30 ml margarien
Braai uie in margarien en voeg res van bestanddele by.
Giet oor rou frikkadelle en bak in oond by 180ºC tot gaar.
Bedien met rys of kapokaartappels.
Resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand
Foto: Adam Cloete
Kommentaar Adam Cloete:
Hierdie is seker van die lekkerste kerrie frikkadelle wat ek in my hele 65 jaar op hierdie ou aarde al geëet het.
Hierdie is seker van die lekkerste kerrie frikkadelle wat ek in my hele 65 jaar op hierdie ou aarde al geëet het.
Kommentaar Johnny:
Baie lekker, My sous was net bietjie min toe het ek net nog bietjie water bygesit, seker omdat ek vars pynappel gebruik het?
Kommentaar Silvia Van Eck:
Ek het dit in die lugbraaier gemaak op 180°C vir 35 minute op bake gesit. En het na 15 minute bolle gedraai. Ek het net 500 g mince gebruik. Ek gaan volgende keer ‘n bietjie meer sous maak en miskien die hitte afdraai. Maar dis nie droog nie en baie lekker.

Category: