FRIKKADELLE IN TAMATIESOUS MET KAAS EN PASTA
Die hoeveelhede van die bestanddele is afhangende van eie keuse.
- tuisgemaakte spaghetti, reeds gaargemaak
- tamatie pastasous
- gerasperde kaas
- Frikkadelle:
- 500 g maalvleis
- 1 eier
- ½ ui, gerasper
- 1 teelepel biltong speserye
- 2 teelepels knoffelpoeier
- 1 teelepel Worcestersous
- ½ koppie broodkrummels
- olie vir vlakbraai
Meng die bestanddele vir die frikkadelle saam in ‘n mengbak.
Vorm die frikkadelle volgens die grootte soos verkies.
Verhit die olie in ‘n diep braaipan op die stoof en braai die frikkadelle in die warm pan tot bruin.
Skep die pastasous oor die frikkadelle in die pan en laat staan die sous en frikkadelle vir ongeveer 10 minute, sodat die geure kan ontwikkel.
Skep die frikkadelle uit die sous en plaas eenkant.
Voeg die pasta by die sous in die pan en meng goed deur.
Plaas die frikkadelle terug by die pasta en sous en meng liggies deur.
Skep die pasta, sous en frikkadelle in ‘n oondvastebak en sprinkel die gerasperde kaas bo-oor.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond teen 200°C tot die kaas bruin gebak is.
Resep getoets en fotos: Cecil Dunhin