Your Recipe Blog

FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS

FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS

  • 500 g boerewors, vel afgetrek
  • 60 g rosyne
  • 410 g blikkie “red kidney beans”, water af gegooi
  • 1 handvol gekapte pietersielie

Meng alles saam en vorm in balletjies (ek kry 12 uit).
Pak in ‘n oondpan en bak in die oond by 180°C tot gaar.

  • Sous:
  • Braai die volgende saam:
  • 2 gekerfte uie
  • groen soetrissie, opsioneel
  • knoffel, na smaak
  • Voeg die volgende by:
  • 1 klein sakkie tamatiepaste (50 g)
  • 1 blikkie gekapte tamaties
  • 1 beef stock blokkie, gekrummel
  • 1 teelepel droë tiemie

Kook stadig vir 10 minute. Voeg dan ‘n eetlepel suiker, sout en peper na julle smaak by. Bedien saam met die frikkadelle.
Vir die slaai het ek dubbel room plein jogurt met zest van 1 suurlemoen gemeng en ‘n dollop opgeskep bo-op die slaai en gedroogte bosbessies oorgestrooi vir mooiheid.
Bedien saam met mash, pita of pasta en slaai.
Vir garnish ‘n lekker dollop dubbbel room jogurt vir ‘n romerigheidjie.

Resep en foto: Natacha Visagie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5