Your Recipe Blog

FRIKKADEL VLEISBROOD MET GEROOSTERDE PAMPOENSKYWE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

FRIKKADEL VLEISBROOD MET GEROOSTERDE PAMPOENSKYWE

  • Vleisbroodjie (meat loaf):
  • 800 g maalvleis
  • ½ ui, gekap
  • 1 koppie broodkrummels
  • 1 eier
  • sout en peper na smaak
  • 2 teelepels knoffel en kruie speserye  (Cape Herb & Spice)
  • 2 eetlepels bbq sous van jou keuse
  • Geroosterde pampoenskywe:
  • ¼ pampoen, in skywe gesny (met skil aan)
  • 1 eetlepel olie
  • 1 eetlepel gemengde speserye
  • 1 teelepel sout

Meng al die bestanddele van die vleisbrood saam (behalwe die bbq sous) en vorm in ‘n broodjie.
Plaas in ‘n oondbak, en smeer bbq sous bo-oor.
Pak skywe pampoen rondom, en sprinkel olie en gemengde speserye en sout bo-oor.
Bak by 200ºC vir 1 uur.
Giet ekstra olie af, sny in skywe en bedien met groenbone, beetslaai en blatjang.

Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto:  Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5