FRIKKADEL SOSATIES
“Frikkadel sosaties op rys met blomkool en witsous saam met verskeie gaar gestoomde groentes.”
- 1 kg maalvleis
- 1 – 2 pakkies repiespek
- 1 koppie hawermout
- 2 tamaties, geskil en fyn gesny
- 1 ui, gerasper
- 2 eetlepels tamatiesous
- 2 eetlepels blatjang
- 1 eetlepel Worcestershire sous
- 2 eiers
- droë origanum, na smaak
- droë roosmaryn, na smaak
- speserye vir maalvleis, na smaak
- 500 ml kookwater, vir souspoeier
- ‘n paar groen-, rooi- en geelsoetrissies
- 1 pakkie bruinuiesouspoeier
- sosatiestokkies
Meng die vleis, hawemout, tamaties, ui, tamatiesous, blatjang, Worcestershire sous en speserye saam in ‘n mengbak.
Klop die eiers en meng dit met die vkeusmengsel.
Maak ferm, ronde vleisballe en sny die soetrissies in groterige vierkante.
Draai elke frikkadel toe met ‘n repie spek en ryg dit en die soetrissiestukke om die beurt op ‘n sosatiestokkie.
Sorg dat stokkie deur die spek gaan, anders kom dit los.
Plaas die sosaties op ‘n oondbak se rooster sodat die oortollige vet kan afdrup.
Bak dit teen 180 °C in die oond vir om en by een uur, afhangende van hoe gaar jy die frikkadelle wil hê en hul grootte.
Draai die sosaties na sowat 20 minute om.
Plaas die sosaties op ‘n bed van rys vir opdiening.
Maak die pakkie souspoeier net voor opdiening aan en sprinkel dit oor die rys en sosaties.
Bedien die sosaties saam met gestoomde groetes van jou keuse.
Resep en foto: Abri Van Vuuren