FRIKKADEL GEVULDE SKORSIE BEDIEN MET SKORSIESKOEKIES
- Frikkadel gevulde skorsie:
- 1 skorsie
- 500 g maalvleis
- ½ uie
- 1 eier
- 3 eetlepels hawermout
- sout en swartpeper na smaak
- 2 hoogvol eetlepels kerriepoeier
- 1 teelepel gemengde kruie
- Roomspinasie:
- 1 koppie spinasie gekap
- 2 eetlepels koekmeel
- ¾ – 1 koppie melk
- 2 eetlepels botter
- ¼ teelepel ‘crushed’ knoffel
- sout en peper na smaak
- ½ wiel Fetakaas
Halveer skorsie en haal pitte uit.
Kook die skorsie in water vir 15 minute.
Terwyl die skorsie kook, begin met die frikkadelle.
Rasper ‘n halwe ui fyn.
Meng die maalvleis, uie, hawermout en eier.
Voeg peper, sout, kerriepoeier en gemengde kruie by na eie smaak.
Maak balletjies van die mengsel.
Dreineer skorsie en plaas in glasbak.
Plaas ‘n lekker groot frikkadel in elke skorsie-helfte.
Bak in die oond op 180°C tot die frikkadel gaar is.
Nota:
Ek het gewone frikkadelle gemaak van die oorblywende mengsel.
Terwyl die frikkadelle in die skorsies bak, begin solank met die roomspinasie.
Smelt 2 eetlepels botter in ‘n pan saam ‘n kwart teelepel knoffel.
Voeg koekmeel by en roer tot ‘n pasta vorm.
Voeg melk bietjies-bietjies by en roer totdat die mengsel verdik.
Voeg sout en peper by na smaak.
Voeg die rou spinasie by en prut vir paar minute. Hou eenkant.
Skep roomspinasie oor die frikadelle in die skorsies wanneer hul gaar uit die oond kom en breek Fetakaas oor.
Bedien saam met heerlike skorsiekoekies.
- Skorsiekoekies:
- 1 koppie gaar skorsie
- ¾ koppie bruismeel
- 1 eier
- 4 sampioene, fyn gekap
- sout en peper, na smaak
- ¼ teelepel gemengde kruie
- 1 teelepel paprika
- Aromat, na smaak vir bo-oor
- olie, vir diepbraai
Sny sampioene fyn op.
Braai sampioene sonder olie in ‘n pot so 1 minuut lank.
Meng alle ander bestanddele saam die sampioene in ‘n bak.
Verhit olie in ‘n pan vir diepbraai.
Skep lepels vol van die mengsel in die warm olie.
Braai tot gaar altwee kante.
Haal uit en plaas op handdoekpapier.
Sprinkel Aromat oor.
Geniet 😊
Resepte en foto: Natania Malan