Your Recipe Blog

FRIKKADEL EN AARTAPPELGEREG

FRIKKADEL EN AARTAPPELGEREG

Deesdae screenshot my man allerhande prentjies op faceboek en dan moet ek die disse aanmekaar slaan. Dis tyd dat hulle die hardeware winkels oopmaak dat hy iets kan gaan koop om himself mee besig te hou. Ek weet nie of hierdie resep ‘n naam het of waar hy dit gekry het nie, want sy screenshot het net voor die bestanddele begin, so ek gee dit sommer my eie naam:

Maak jou frikkadelle aan soos gewoonlik, vir ons bak het ons 12 frikadelle gebruik.

  • 12 rou frikkadelle
  • 4 groterige aartappels
  • 1 pakkie potato bake, enige geur
  • 250 ml room
  • 100 ml melk
  • gerasperde kaas, na smaak

Verhit oond na 180°C.

Skil en sny die aartappels in skywe, kook dit dan in die mikrogolf of op die stoof tot amper gaar. (Ek sal dit volgende keer heel gaar kook, want ons het nog so hier en daar ‘n girtsende aartappel gehad.)

Pak skywe aartappels rondom die rand van die bak en pak dan die frikadelle in met aartappelskywe tussen elke frikkadel.

Meng die potato bake, room en melk en giet oor die frikadelle. Plaas die bak in die oond en bak vir 40 minute, ek het na 30 min foil oor die bak gesit.
Haal die bak uit die oond, strooi die gerasperde kaas oor en bak oop vir nog 15 min.
Pas maar die baktyd aan as dit lyk die aartappels is nog nie lekker gaar nie.
Ons het dit saam met brokkoli geëet.

Foto’s: Stien Rust

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page