FRIEDA SE SUURLEMOENVINGERS
Ek het die kors 2 x aangemaak, bolaag is genoeg vir 2 of jy kan BOLAAG helfte van resep aanmaak.
- Kors:
- 500 ml koekmeel
- 125 ml versiersuiker
- 1 ml sout
- 300 ml botter
Sif die meel, versiersuiker en sout saam en vryf botter in.
Druk vas op bakplaat 32 x 23 x 2.
Bak 20 – 25 min tot gaar en ligbruin.
- Bolaag:
- 4 ekstra groot eiers
- 375 ml suiker
- 100 ml suurlemoensap
- 12,5 ml gerasperde suurlemoenskil
- 3 ml ruim bakpoeier
- versiersuiker on bo-oor te sif
Klits eiers tot skuimerig.
Voeg die suiker by.
Voeg res van bestanddele by en klits goed.
Giet oor gebakte kors en bak nog 25 min tot gaar en gestol by 180ºC.
Laat effens afkoel en sif versiersuiker oor en sny in vingers.
Resep en foto: Frieda Greyling (my ma se resep)
Fransa Vorster:
Ek het gister hierdie lekker Suurlemoenvinger gemaak, en dit het goed uitgekom!
Ek wil wel net byvoeg:
* Die resep sê mens kan die vulsel halveer want dis baie, maar vir my was dit glad nie nodig nie. Dit was heeltemal genoeg.