FRICASEé DE POULET
My twee seuns maak graag kos en lekker kos. Hier is my oudste seun se hoendergereg wat hy aangepas het vir hulle persoonlike smaak.
-
6 – 8 hoenderstukke
-
sout en peper
-
4 eetlepels botter
-
1 groot ui, in ringe gesny
-
1 bakkie sampioene, gesny in skyfies
-
ekstra botter as jy nog nodig het
-
2 eetlepels meel (koek of bruismeel)
-
100 ml witwyn
-
1 blokkie hoender ekstrak, opgelos in 400 ml water
- 200 ml room (of vervang room met 1 koppie melk waarin 2 eetlepels Maizena opgelos is)
Braai hoender bruin aan albei kante in groot pan.
Verwyder hoender uit die pan en sit eenkant.
Braai uie en sampioene tot sag in dieselfde pan.
Voeg droë meel oor uie en sampioene en roer tot dit dik raak.
Voeg bogenoemde mengsel by uie en sampioene.
Sodra sous effe dikker word plaas hoender terug.
Sit deksel op en kook hoender oor magtige hitte in bogenoemde vir 10 minute.
Verwyder die deksel en kook vir verdere 20 minute.
Toets sout en peper na smaak.
Verwyder weer die hoender en plaas eenkant.
Voeg room in pan met uie en sampioene en roer deur.
Plaas hoender terug in pan en kook vir verdere 5 minute.
Bedien saam met rys, kapokaartappels of koeskoes, polenta of enige iets waarvan jy hou.
Garneer met vars gekapte pietersielie.
Resep en foto: Ryno Brand
Category: