FRANSE ROOSTERBROOD MUFFINS
- 7 koppies broodblokkies (brood van eie keuse)
- 1 teelepel kaneel
- 3 eiers
- 250 ml melk
- knippie sout
- knippie peper
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng die kaneel, eiers en melk saam.
Voeg die broodblokkies by, meng goed todat die brood al die vloeistof absorbeer het.
Plaas mengsel in muffin pan.
Bak vir ongeveer 20 minute, tot bokant bruin raak en die mengsel gaar is in die middel.
Plaas heuning oor muffins en laat afkoel.
Notas:
My heuning het kristaliseer, andersins sou dit beter lyk en proe.
Mens kan dit met wat ookal van jou keuse by bedien.
Resep geplaas deur Madélynn Janse Van Rensburg
Foto: Madélynn Janse Van Rensburg