Your Recipe Blog

FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N VERSKIL

Recipe by
Cook: 40 - 60 minute | Servings: 12 porsies

FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N VERSKIL

HEERLIK! Amper soos French Toast, maar sonder al die moeite.

  • 1  heel witbrood
  • 12 eiers
  • 500 ml melk
  • sout, peper en rooipeper na smaak
  • 3 koppies gerasperde Chedddarkaas

Sny die brood in blokkies en plaas eenkant.
Klits die eiers en melk saam met die sout, peper en rooipeper.
Strooi 1 koppie van die gerasperde Cheddarkaas onder in ‘n gesmeerde oondbak, sprinkel die broodblokkies bo-op die kaas en giet die eiermengsel oor die broodblokkies.
Druk liggies met ‘n vurk, sodat die brood lekker klam raak.
Sprinkel die res van die kaas bo-oor die eiers en bedek.
Laat die gereg oornag in die yskas rus.
Bak die volgende oggend vir ongeveer 40 – 60 min by 180ºC.

Nota: Elsa Van Antwerpen Kleinhans
Ek het 16 mense daarmee kos bedien, maar ek het voorgereg en al die muffins ook gehad, ek sou dink 12 mense met gemaak, as ons nie so baie mense was en ek by my eie huis was, het ek “individuals” gemaak.
Heerlik verby, ek het ook 1 eetlepel bruinsuiker en 2 eetlepels Maple syrup bygevoeg.

Resep: Tertia van Zijl
Foto 1 en 2: Gideon Louw
Foto 3: Elsa Van Antwerpen Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page