Your Recipe Blog

FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 porsies

FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST

  • 4 ½ snye brood
  • 4 rooiworsies, in ringetjies gesny
  • 1 ui, gekap en gebraai tot deursigtig
  • 4 agurkies, in ringetjies gesny
  • 4 ingelegte peppadews, opgekap
  • 2 hoenderdye, opgekook en grof gepluis
  • 1 groot spinasieblaar, fyn gekap
  • plat tamatieskywe
  • 6 eiers, geklits, met genoeg melk gemeng en gegeur met sout en peper
  • gerasperde kaas

Pak 2 ¼ snye brood onder in ‘n vuurvaste oondbak.
Giet van die eiermengsel oor die brood en pak worsies op die brood.
Skep gebraaide uie oor en sprinkel gekapte peppadews oor.
Pak agurkieringe bo-op peppadews en strooi grof gepluisde hoender oor, asook fyngekapte spinasie.
Pak tamatie ringe bo-op.
Sit die res van die 2 ¼ snye brood bo-op en giet die res van die eiermengsel bo-oor.
Rasper genoeg kaas bo oor en bak teen 180ºC tot gestol.

Foto en resep: Petré Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page